Ons Geskiedenis

Die eerste Veearts in Caledon was n Dr. Snyman. Ongelukkig is min van hom bekend. Hy is opgevolg in 1950 deur Dr. Tobie Smuts. Dr. Ricky Wilson het in 1965 by Tobie aangesluit. Dr Smuts het in 1971 voltyds gaan boer daarna het Dr Ian Herbst in 1971 by Ricky aangesluit. Ricky en Ian was die enigste Veeartse in die Caledon, Grabouw, Hermanus en Bredasdorp distrikte tot ongeveer 1979. Hulle het klinieke in Bredasdorp, Hermanus en Grabouw gehad. 

Die huidige dierehospitaal in Caledon is in 1980 opgerig. Die gebou het sedertdien heelwat veranderinge en verbeteringe ondergaan. Dr. Oubaas Retief het in 1990 by Ricky en Ian aangesluit. Ricky het in 1997 weens gesondheidsredes uit die praktyk getree en Ian het in 2014 afgetree. Dr.Oubaas Retief praktiseer nog voltyds in Caledon saam met Drs. Friso Woudstra,  Annette Coetzer en Marius Conradie.


T: 028 212 1551 or 028 212 2655  F: 028 212 1347  E: vets@twk.co.za
Street Address 8 Cemetery Road, Caledon, 7230, South Africa